Ou Testament

Nuwe Testament

Die Openbaring 19:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hierna het ek iets gehoor soos die harde geluid van 'n groot menigte in die hemel wat uitroep:“Prys die Here!Die oorwinning, die heerlikheiden die mag behoort aan ons God!

2. Regverdig en reg is sy oordele,want Hy het die oordeel voltrekoor die sedelose vrouwat die aarde deur haar onsedelikheid verwoes het.Hy het die dood van sy dienaars op haar gewreek.”

3. Verder het hulle uitgeroep:“Prys die Here!Haar rook styg tot in alle ewigheid op.”

4. Die vier en twintig ouderlinge en die vier lewende wesens het gekniel en God aanbid wat op die troon sit. Hulle het gesê:“Amen! Prys die Here!”

5. Toe het daar 'n stem van die troon af gekom wat gesê het:“Loof ons God, al sy dienaars,dié wat Hom vrees, klein en groot!”

6. Ek het toe iets gehoor soos die geluid van 'n groot menigte, soos die gedruis van 'n groot watermassa en soos die gedreun van swaar donderweer. Hulle het uitgeroep:“Prys die Here!Die Here ons God, die Almagtige, heers nou as koning.

7. Laat ons bly wees en juigen aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek,en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak.

8. God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek.”Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges.

9. Toe sê die engel vir my: “Skryf op: Geseënd is hulle wat na die bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is.”Verder sê hy vir my: “Dit is die woorde van God, en hulle is waar.”

10. Toe het ek voor sy voete op my knieë neergeval om hom te aanbid.“Pas op, moenie!” sê hy toe vir my. “Ek is 'n mededienaar van jou en van jou medegelowiges wat aan die getuienis vashou wat Jesus gelewer het. Aanbid God, want dit is Jesus wat die getuienis gelewer het, en dit is die Gees wat die profesie gegee het.”

Lees volledige hoofstuk Die Openbaring 19