Ou Testament

Nuwe Testament

Die Openbaring 15:5-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Hierna het ek gesien: die tempel in die hemel, die woonplek van God, is oopgemaak,

6. en die sewe engele wat die sewe plae bring, het uit die tempel uitgekom. Hulle het helder blink klere aangehad, en elkeen het 'n goue band om die bors gehad.

7. Een van die vier lewende wesens het toe aan die sewe engele sewe goue bakke gegee, gevul met die toorn van God, van Hom wat tot in alle ewigheid lewe.

8. Die tempel het vol rook geword vanweë die heerlikheid en die mag van God, en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die sewe engele hulle einde bereik het nie.

Lees volledige hoofstuk Die Openbaring 15