Ou Testament

Nuwe Testament

Die Openbaring 15:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Toe het ek 'n ander groot en wonderbaarlike teken in die hemel gesien. Ek het sewe engele gesien wat die sewe laaste plae bring. Daarmee het die toorn van God sy einde bereik.

2. En ek het iets soos 'n spieëlgladde see met vuur daarin gesien. Die mense wat die oorwinning behaal het oor die dier en sy beeld en die getal van sy naam, het by die spieëlgladde see gestaan met siters wat hulle van God gekry het.

3. Hulle sing die lied van Moses, die dienaar van God. Dit is ook die lied van die Lam:“Groot en wonderbaarlik is u dade,Here God, Almagtige.Reg en betroubaar is u optrede,Koning van die nasies.

4. Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie?U alleen is heilig!Al die nasies sal kom en U aanbid,want hulle sal sien dat u handelwyse regverdig is.”

5. Hierna het ek gesien: die tempel in die hemel, die woonplek van God, is oopgemaak,

Lees volledige hoofstuk Die Openbaring 15