Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 2:1-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat ons in Christus Jesus het.

2. Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het, moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer.

3. Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus.

4. 'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.

5. 'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding.

6. Die boer wat die harde werk doen, behoort eerste 'n deel van die oes te kry.

7. Dink na oor wat ek sê; die Here sal jou insig gee om alles te verstaan.

8. Onthou altyd dat Jesus Christus, 'n nakomeling van Dawid, uit die dood opgewek is. Dit is die evangelie wat ek verkondig.

9. Vir hierdie evangelie ly ek verdrukking, selfs in boeie soos 'n misdadiger, maar die woord van God kan nie geboei word nie.

10. Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat ook hulle die verlossing, wat daar in Christus Jesus is, en die ewige heerlikheid kan ontvang.

11. Dit is 'n betroubare woord:As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom lewe;

12. as ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer;as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën;

13. as ons ontrou is — Hy bly getrou:Hy kan Homself nie verloën nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 2