Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 1:14-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees wat in ons woon.

15. Soos jy weet, het almal in die provinsie Asië my in die steek gelaat. Onder hulle is daar ook Figelus en Hermogenes.

16. Mag die Here barmhartigheid bewys aan die huisgesin van Onesiforus, want hy het my dikwels kom opbeur. Hy het hom nie daarvoor geskaam dat ek in boeie sit nie,

17. maar toe hy in Rome kom, het hy ywerig na my gesoek tot hy my gekry het.

18. Mag die Here gee dat hy by Hom ontferming vind op die dag dat Hy weer kom. En wat Onesiforus alles in Efese vir my gedoen het, weet jy self baie goed.

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 1