Ou Testament

Nuwe Testament

2 Tessalonisense 2:5-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Onthou julle nie dat ek dit herhaaldelik vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?

6. En julle weet nou wat hom nog teëhou, sodat hy eers as dit sy tyd is, sy verskyning sal maak.

7. Die geheime krag van die wetteloosheid is al aan die werk, maar die een wat die wettelose teëhou, moet eers uit die weg wees,

8. en dan sal die wettelose self op die toneel verskyn. Maar wanneer die Here Jesus kom, sal Hy hom met die asem uit sy mond verdelg en deur die glans van sy verskyning vernietig.

9. Deur die werking van die Satan sal die verskyning van die wettelose gepaard gaan met groot magsvertoon en allerhande vals tekens en wonders

10. en met gruwelike misleiding van dié wat verlore gaan, omdat hulle nie die waarheid liefgehad en tot hulle redding aanvaar het nie.

11. Dit is ook waarom God hulle aan die mag van die dwaling oorgee, sodat hulle die leuen sal glo.

12. En so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die ongeregtigheid verkies het, veroordeel word.

13. Ons moet God altyd vir julle dank, broers. Die Here het julle lief, en God het julle uitverkies om van die eerstes te wees wat gered word. Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat julle die waarheid glo.

Lees volledige hoofstuk 2 Tessalonisense 2