Ou Testament

Nuwe Testament

2 Petrus 1:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.

4. Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.

5. En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis,

6. die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug,

7. die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.

Lees volledige hoofstuk 2 Petrus 1