Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 9:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Eintlik is dit oorbodig dat ek aan julle skrywe oor die hulpverlening aan die gelowiges in Judea.

2. Ek weet dat julle graag wil help, en ek het al by die Masedoniërs met lof oor julle gepraat. “Agaje,” het ek gesê, “is al 'n jaar lank reg om te help.” Julle ywer het ook die meeste ander aangespoor.

3. Nou stuur ek hierdie broers sodat ons woorde van lof oor julle in hierdie aangeleentheid nie leë woorde sal wees nie. Ons wil hê dat, soos ons die ander vertel het, julle klaar reg sal wees om te help.

4. Anders, as daar Masedoniërs saam met my kom en hulle sien julle is nog nie gereed nie, sal ons ons skaam oor ons vertroue in julle — om nie eens te praat van julle eie skaamkry nie.

5. Daarom het ek dit noodsaaklik geag om die broers aan te spoor om vooruit na julle toe te gaan. Hulle moet die dankoffer wat julle vroeër beloof het, vooraf in orde bring. Dan sal dit daar gereed wees as 'n werklike offer van dankbaarheid, en nie as iets wat afgepers is nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 9