Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 8:21-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Ons is daarop gesteld om korrek op te tree, nie alleen voor die Here nie, maar ook voor die mense.

22. Saam met hulle stuur ons ook ons ander broer. Ons het hom baiekeer en op baie maniere op die proef gestel en gevind dat hy ywerig is om te help. Nou is hy nog yweriger omdat hy baie vertroue in julle het.

23. Wat Titus betref, hy is my kollega en medewerker in julle belang. Wat ons broers betref, hulle is afgevaardigdes van die gemeentes en 'n eer vir Christus.

24. Bewys aan hulle julle liefde sodat al die gemeentes dit kan sien en kan weet dat ons tereg op julle trots is.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 8