Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 12:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Om te roem, het wel geen sin nie, maar terwyl dit dan nou moet, kom ek by gesigte en openbarings wat die Here gegee het.

2. Ek ken 'n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede is hy weggeruk tot in die derde hemel. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit.

3-4. Ek weet ook dat hierdie man weggeruk is na die paradys toe. Of dit met die liggaam was of sonder die liggaam, weet ek nie, net God weet dit. Daar het hy woorde gehoor wat 'n mens nie kan of mag uitspreek nie.

5. Oor hierdie man sal ek roem, maar nie oor myself nie, behalwe oor my swakhede.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 12