Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 10:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ek, Paulus, doen 'n persoonlike beroep op julle — ek, wat mos “gedwee” is as ek by julle is, maar “manhaftig” teenoor julle as ek van julle af weg is. In die Naam van Christus, wat nederig en vriendelik is, vra ek julle:

2. Moet my nie dwing om streng te wees as ek kom nie. Ek is seker ek kan my veroorloof om streng op te tree teenoor dié wat ons daarvan beskuldig dat ons uit menslike oorwegings handel.

3. Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar ons voer nie die stryd met menslike wapens nie.

4. Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies

5. en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

6. Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is.

7. Julle kyk net na een kant van die saak. As iemand dan so vas oortuig is dat hy aan Christus behoort, moet hy onthou: ons behoort net soos hy ook aan Christus.

8. Al het ek my miskien 'n bietjie te veel beroem op daardie bevoegdhede wat die Here my gegee het, sal ek nie beskaamd daarvan afkom nie. Die Here het aan ons die bevoegdheid gegee om julle op te bou, nie om julle af te breek nie.

9. Daarom wil ek nie die skyn wek dat ek julle met my briewe probeer bang maak nie.

10. Daar word mos gesê: “Sy briewe is wel ernstig en streng, maar as hy self by ons is, is hy mak en beteken sy woorde niks.”

11. Die man wat so praat, moet weet dat daar geen verskil is tussen wat ons in briewe skrywe as ons van julle af weg is, en wat ons doen as ons by julle is nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 10