Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 3:2-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. 'n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig;

3. hy moenie aan drank verslaaf of 'n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie.

4. Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen.

5. Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem?

6. Hy moet ook nie iemand wees wat maar onlangs tot geloof gekom het nie. So iemand kan verwaand word, en in die oordeel kom waarin die duiwel hom laat beland.

7. Ook by die mense buite die gemeente moet hy as 'n goeie man bekend staan, sodat daar nie praatjies oor hom ontstaan en hy in 'n strik van die duiwel val nie.

8. Net so moet diakens ook manne van goeie karakter wees. Hulle moenie uit twee monde praat nie en nie aan drank verslaaf of op oneerlike winsbejag uit wees nie.

9. Hulle moet in alle opregtheid aan die geopenbaarde waarheid van die geloof vashou.

10. Vooraf moet ondersoek ingestel word na hulle geskiktheid, en as niemand beswaar teen hulle inbring nie, kan hulle as diakens dien.

11. Net so moet vroue ook van goeie karakter wees, nie skinder nie, nugter en in alles betroubaar.

12. 'n Diaken moet aan sy vrou getrou wees en sy kinders en sy eie huisgesin goed beheer.

13. Dié wat as diaken goed gedien het, verwerf vir hulleself 'n eervolle plek in die gemeente en groot vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.

14. Ek skryf hierdie dinge aan jou hoewel ek hoop om gou na jou toe te kom.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 3