Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 5:2-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid;

3. ook nie deur baas te speel oor dié wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar deur 'n voorbeeld vir die kudde te wees.

4. En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang.

5. En julle wat jonger is, moet aan die ouer mense onderdanig wees. Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.”

6. Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.

7. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 5