Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 4:5-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Hulle sal rekenskap moet gee aan Hom wat klaar staan om oor die lewendes en die dooies te oordeel.

6. Daarom is die evangelie immers ook verkondig aan dié wat nou dood is sodat, hoewel hulle as mense onder die oordeel was om na die liggaam te sterwe, hulle na die gees sou lewe soos God lewe.

7. Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid.

8. Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes.

9. Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 4