Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 2:23-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Toe Hy beledig is,het Hy nie terug beledig nie,toe Hy gely het,het Hy nie gedreig nie,maar alles oorgelaataan Hom wat regverdig oordeel.

24. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.

25. Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 2