Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 2:13-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is

14. of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys.

15. Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat.

16. Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.

17. Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser.

18. Bediendes, onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik.

19. Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees.

20. As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God.

21. Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg.

22. “Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.”

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 2