Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 9:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Is ek nie vry nie? Is ek nie 'n apostel nie? Het ek nie vir Jesus, ons Here, gesien nie? Is julle wat aan die Here behoort, nie die vrug van my werk nie?

2. Al is ek vir ander nie 'n apostel nie, vir julle is ek dit tog. Immers, julle wat aan die Here behoort, is die seël op my apostelskap.

3. My verdediging teen dié wat regter oor my speel, is dít:

4. het ons dan nie reg op lewensonderhoud nie?

5. Het ons nie selfs die reg om elkeen sy vrou wat 'n gelowige is, op reis saam te neem soos ook die ander apostels en die Here se broers en Sefas nie?

6. Of is dit net ek en Barnabas wat nie die reg het om op te hou met die handearbeid vir eie onderhoud nie?

7. Wie dien ooit op eie koste as soldaat? Wie plant 'n wingerd en eet nie van sy vrugte nie? Of wie pas vee op en geniet nie van hulle melk nie?

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 9