Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 6:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Gaan iemand van julle wat 'n saak teen 'n ander gelowige het, werklik so ver dat hy sy reg by heidense regters soek en nie by gelowiges nie?

2. Of weet julle nie dat die gelowiges oor die wêreld sal oordeel nie? En as julle oor die wêreld sal oordeel, is julle dan onbevoeg vir sulke geringe hofsake?

3. Weet julle nie dat ons oor die engele sal oordeel nie? Dan tog seker ook oor alledaagse dinge.

4. As julle oor alledaagse dinge geskille het, laat julle dan dié mense as regters optree op wie die gemeente neersien?

5. Ek sê dit om julle skaam te maak. Is daar dan nie 'n enkele verstandige mens onder julle wat 'n saak tussen gelowiges kan besleg nie?

6. Maar gaan een gelowige nou met die ander hof toe, en dit voor ongelowige regters?

7. Eintlik is julle saak al klaar verlore, omdat julle hofsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle julle nie liewer te kort doen nie?

8. In plaas daarvan pleeg julle onreg en doen ander te kort, en dit doen julle aan medegelowiges.

9. Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen

10. of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 6