Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 10:29-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

29. Ek bedoel nou nie jou eie gewete nie, maar dié van die ander man.“Waarom,” sou jy vra, “moet my vryheid beperk word deur 'n ander man se gewete?

30. As ek iets met danksegging geniet, waarom word daar van my kwaad gepraat oor iets waarvoor ek God dank?”

31. Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.

32. Moenie aanstoot gee nie, nie aan Jode of aan Grieke of aan die gemeente van God nie.

33. Maak soos ek: ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie belang nie maar dié van baie ander, sodat hulle gered kan word.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 10