Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 10:21-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van bose geeste nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van bose geeste nie.

22. Of wil ons die Here uittart? Is ons miskien sterker as Hy?

23. Daar is mense wat sê:“Alles is geoorloof.”Ja, maar nie alles is heilsaam nie.“Alles is geoorloof,” sê hulle.Ja, maar alles is nie opbouend nie.

24. 'n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar dié van ander.

25. Alles wat in 'n slaghuis verkoop word, kan julle eet sonder om ter wille van die gewete navraag te doen,

26. “want die aarde met alles wat daarop is, behoort aan die Here.”

27. As 'n ongelowige julle uitnooi en julle besluit om te gaan, kan julle alles eet wat vir julle voorgesit word, sonder om ter wille van die gewete navraag te doen.

28. Maar as iemand vir julle sê: “Die vleis is 'n afgodsoffer,” moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit gesê het en ter wille van die gewete.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 10