Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 9:6-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.

7. Hy wat ’n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat ’n goddelose bestraf, vir homself ’n skandvlek.

8. Bestraf ’n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf ’n wyse, en hy sal jou liefhê.

9. Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.

10. Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand.

11. Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.

12. As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy ’n spotter, dan moet jy dit alleen dra.

13. Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;

14. en sy sit by die deur van haar huis, op ’n stoel op die hoogtes van die stad,

15. om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:

16. Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:

17. Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.

18. Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 9