Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8:32-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar.

33. Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.

34. Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou.

35. Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry ’n welbehae van die Here.

36. Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 8