Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8:23-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af.

24. Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie;

25. voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore;

26. toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.

27. Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy ’n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed;

28. toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;

29. toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het —

30. toe was ek ’n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd,

31. en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders.

32. Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar.

33. Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 8