Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8:11-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.

12. Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.

13. Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ’n slegte wandel en ’n huigelagtige mond haat ek.

14. Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne.

15. Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;

16. deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.

17. Ék het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind.

18. Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 8