Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 8:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ROEP die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?

2. Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy,

3. aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop:

4. Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders.

5. Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.

6. Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is.

7. Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe ’n gruwel.

8. Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie,

9. hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.

10. Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.

11. Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.

12. Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 8