Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:2-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel;

3. bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart.

4. Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling,

5. sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.

6. Want ek het deur die venster van my huis, deur my tralievenster uitgekyk,

7. en ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense ’n verstandelose jongman opgemerk,

8. wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap,

9. in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker.

10. En kyk, daar kom ’n vrou hom tegemoet, soos ’n hoer aangetrek en listig van hart —

11. sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie —

12. nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7