Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:16-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne;

17. ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel —

18. kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.

19. Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan,

20. die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom.

21. Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.

22. Hy loop skielik agter haar aan soos ’n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,

23. totdat die pyl sy lewer splits; soos ’n voël haastig na die vangnet vlieg — sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.

24. Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond.

25. Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.

26. Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.

27. Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7