Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 6:21-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals;

22. mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.

23. Want die gebod is ’n lamp en die onderwysing ’n lig en die teregwysinge van die tug ’n weg tot die lewe,

24. om jou te bewaar vir ’n slegte vrou, vir die gevlei van ’n vreemde tong.

25. Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie;

26. want vir ’n hoer verval ’n mens tot ’n stuk brood, en ’n ander se vrou maak jag op ’n kosbare lewe.

27. Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?

28. Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry?

29. So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.

30. ’n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het;

31. en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee.

32. Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hý doen so iets;

33. slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;

34. want jaloersheid is ’n toorngloed in ’n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie;

Lees volledige hoofstuk Spreuke 6