Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 5:5-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.

6. Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.

7. Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.

8. Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,

9. sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;

10. sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van ’n uitlander kom nie

11. en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,

12. en moet sê: Hoe het ek die tug gehaat en my hart die kastyding versmaad,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 5