Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 5:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MY seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,

2. dat jy volle oorleg kan behou en jou lippe kennis kan bewaar;

3. want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,

4. maar op die end is sy bitter soos wildeals, soos ’n swaard aan weerskante skerp.

5. Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 5