Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:5-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:

6. verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.

7. Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.

8. Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.

9. Dit sal ’n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou ’n sierlike kroon verskaf.

10. Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.

11. In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;

12. as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

13. Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.

14. Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4