Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:19-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.

20. My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,

21. laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.

22. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ’n genesing vir hulle hele liggaam.

23. Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

24. Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.

25. Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.

26. Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,

27. wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4