Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:18-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,

19. is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.

20. My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,

21. laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.

22. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ’n genesing vir hulle hele liggaam.

23. Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4