Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:17-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.

18. Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,

19. is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.

20. My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,

21. laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.

22. Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ’n genesing vir hulle hele liggaam.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4