Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:13-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.

14. Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.

15. Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;

16. want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot ’n val bring nie.

17. Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.

18. Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,

19. is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.

20. My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,

21. laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4