Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 4:1-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. HOOR, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;

2. want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.

3. Want toe ek ’n seun was by my vader, teer en ’n enigste voor my moeder,

4. het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.

5. Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:

6. verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.

7. Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.

8. Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.

9. Dit sal ’n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou ’n sierlike kroon verskaf.

10. Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.

11. In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;

12. as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

13. Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.

14. Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.

15. Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;

Lees volledige hoofstuk Spreuke 4