Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:4-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Die konings, o Lémuël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;

5. anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.

6. Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.

7. Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.

8. Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.

9. Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

10. Alef. Wie sal ’n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.

11. Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.

12. Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.

13. Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.

14. He. Sy is soos die skepe van ’n handelaar — van ver af bring sy haar brood in.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31