Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE woorde van Lémuël, die koning van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het:

2. Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes, sal ek sê?

3. Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie.

4. Die konings, o Lémuël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;

5. anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.

6. Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.

7. Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.

8. Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.

9. Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

10. Alef. Wie sal ’n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.

11. Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.

12. Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31