Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 3:5-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.

6. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.

7. Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad;

8. dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

9. Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

10. dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.

11. My seun, verag die tug van die Here nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,

12. want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ’n vader die seun in wie hy behae het.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 3