Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 3:14-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;

15. dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.

16. In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;

17. sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.

18. Dit is ’n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.

19. Die Here het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;

20. deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.

21. My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,

22. dan sal dit die lewe wees vir jou siel en ’n versiersel vir jou hals;

23. dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;

24. as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 3