Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 29:3-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. ’n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.

4. ’n Koning hou deur reg die land in stand, maar ’n man wat belastings afpers, verwoes dit.

5. ’n Man wat sy naaste vlei, sprei ’n net uit voor sy voetstappe.

6. In die oortreding van ’n slegte mens is ’n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.

7. Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.

8. Manne wat spot, bring ’n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.

9. Het ’n wyse man met ’n sot ’n regsaak, dan gaan die sot te kere en lag, sonder bedaring.

10. Manne van bloed haat die regskapene, en hulle soek die lewe van die opregtes.

11. ’n Dwaas laat al sy toorn uitvaar, maar ’n wyse bring dit eindelik tot bedaring.

12. ’n Heerser wat luister na ’n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.

13. Die arme en die man wat verdruk, ontmoet mekaar, die Here verlig altwee se oë.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 29