Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 29:17-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. Tugtig jou seun, dan sal hy jou rus gee en aan jou siel vreugde verskaf.

18. As daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos; maar hy wat die wet onderhou, gelukkig is hy.

19. Met woorde laat ’n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.

20. Het jy ’n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir ’n dwaas is daar meer hoop as vir hom.

21. As ’n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.

22. ’n Opvlieënde man verwek twis, en ’n driftige man is ryk aan oortreding.

23. Die trotsheid van ’n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.

24. Hy wat saam met ’n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.

25. Die vrees vir die mens span ’n strik; maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.

26. Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van ’n mens kom van die Here.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 29