Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 29:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. ’n MAN wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is.

2. As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk.

3. ’n Man wat die wysheid liefhet, verbly sy vader; maar hy wat met hoere omgaan, bring die goed deur.

4. ’n Koning hou deur reg die land in stand, maar ’n man wat belastings afpers, verwoes dit.

5. ’n Man wat sy naaste vlei, sprei ’n net uit voor sy voetstappe.

6. In die oortreding van ’n slegte mens is ’n strik, maar die regverdige sal jubel en bly wees.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 29