Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:22-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. ’n Afgunstige man oorhaas hom om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie.

23. Hy wat ’n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.

24. Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: Dit is geen oortreding nie! — hy is ’n bondgenoot van ’n man wat verderflik handel.

25. Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die Here vertrou, word verkwik.

26. Wie op sy eie hart vertrou, hy is ’n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.

27. Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek.

28. As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28