Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:16-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. ’n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.

17. ’n Mens wat gedruk word deur die bloed van ’n mens, sal vlug tot by die graf; laat niemand hom vashou nie.

18. Wie opreg wandel, sal gehelp word; maar hy wat verward is, wat die twee paaie betref, sal meteens val.

19. Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop.

20. ’n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.

21. Om partydig te wees, is nie goed nie, want ook vir ’n stuk brood kan ’n man ’n oortreding begaan.

22. ’n Afgunstige man oorhaas hom om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie.

23. Hy wat ’n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.

24. Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: Dit is geen oortreding nie! — hy is ’n bondgenoot van ’n man wat verderflik handel.

25. Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die Here vertrou, word verkwik.

26. Wie op sy eie hart vertrou, hy is ’n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28