Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE goddelose vlug sonder dat daar ’n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos ’n jong leeu.

2. Deur die oortreding van ’n land word sy vorste baie, maar deur ’n verstandige mens met kennis is die reg duursaam.

3. ’n Man wat arm is en die armes verdruk, is soos ’n reën wat wegspoel en geen brood bring nie.

4. Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle.

5. Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die Here soek, verstaan alles.

6. Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is.

7. Wie die wet bewaar, is ’n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande.

8. Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm.

9. Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ’n gruwel.

10. Wie die opregtes laat verdwaal op ’n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe.

11. ’n Ryk man is wys in sy eie oë; maar ’n arme wat verstandig is, ondersoek hom terdeë.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28