Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 27:8-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Soos ’n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is ’n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.

9. Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van ’n vriend vanweë welgemeende raad.

10. Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. ’n Buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver is.

11. Wees wys, my seun, en verbly my hart, sodat ek hom wat my smaad, kan antwoord gee.

12. As ’n skrandere die onheil sien, verberg hy hom; maar die eenvoudiges gaan verder, word gestraf.

13. Neem sy kleed weg, want hy het vir ’n ander borg gestaan; en neem hom as pand vir ’n onbekende.

14. Wie vroeg in die môre sy naaste met ’n harde stem ’n seën toeroep, dit sal hom as ’n vloek aangereken word.

15. ’n Aanhoudende gedrup op die dag van ’n stortreën en ’n twisgierige vrou is net eenders.

16. Wie haar wil teëhou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.

17. Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.

18. Wie ’n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet; en hy wat vir sy heer sorg, sal geëer word.

19. Soos in die water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die mens.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 27