Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 27:18-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. Wie ’n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet; en hy wat vir sy heer sorg, sal geëer word.

19. Soos in die water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die mens.

20. Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie; so word die oë van ’n mens nie versadig nie.

21. Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is ’n man volgens die roem wat hy geniet.

22. Al stamp jy die sot in ’n stampblok tussen graankorrels met ’n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie.

23. Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee;

24. want ’n skat is nie vir ewig nie — of sal ’n kroon wees van geslag tot geslag?

25. As die gras verdwyn en die jong gras verskyn en die bossies van die berge bymekaargemaak word,

26. dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as ’n koopprys vir grond,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 27