Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 27:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. BEROEM jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie.

2. Laat ’n ander jou prys en nie jou eie mond nie; ’n vreemde, en nie jou eie lippe nie.

3. Swaar is ’n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor ’n sot is swaarder as altwee.

4. Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?

5. Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.

6. Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ’n vyand is oorvloedig.

7. ’n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir ’n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.

8. Soos ’n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is ’n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 27