Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 26:9-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. Soos ’n doring wat in die hand van ’n dronkaard geraak het, so is ’n spreuk in die mond van die dwase.

10. Soos ’n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat ’n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.

11. Soos ’n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is ’n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.

12. Het jy ’n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir hom.

13. Die luiaard sê: Daar is ’n leeu op die pad, ’n leeu op die pleine.

14. ’n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.

15. Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.

16. Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.

17. Hy wat ’n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor ’n twis wat hom nie aangaan nie.

18. Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet,

19. so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar.

20. Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.

21. Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is ’n twisgierige man om ’n twis aan te hits.

22. Die woorde van ’n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 26